Kunstenaars2018-10-12T08:09:58+00:00

Kunstenaars

Elandré

Kunstenaar

Elandré Schwartz se bariton-stem het ’n eiesoortige rykheid en diepte waarmee hy met die grootste gemak pop, rock, country én alternatiewe lirieke meesterlik sing.

Daarom is hy tans een van Suid-Afrika se mees in-aanvraag jong kunstenaars vir lewendige optredes.

Elandré is op Despatch in die Oos-Kaap gebore, waar hy sedert ’n jong ouderdom ’n passie vir die kunste het. Sy eerste optrede op die verhoog was toe hy vier jaar oud was. Country-musiek was deurlopend in die huis gehoor. Johnny Cash , Barbara Ray en Charlie Pride se musiek is steeds blywend, selfs in sy nuwe musiek. Hy het ’n Ghoema gewen vir Country-album van die jaar, Kleindorp-Dromer, en is vinnig besig om ’n naam in Afrikaanse Country-musiek te maak.

Sien Program

Ricus Nel

Kunstenaar

Ricus Nel se talent en passie vir musiek het oor die afgelope paar jaar van hom ‘n huishoudelike naam in Suid-Afrikaanse musiek gemaak. Vingers wat ewe flink met ‘n pen as met ‘n hele rits musikale instrumente kan toor en sy growwe country-rock stem het dié sanger sommer gou by duisende musiekliefhebbers laat aanklank vind.

Oorspronklike treffers soos ‘Sak en pak’, ‘Spyt kom te laat’, ‘Windgat, my honne’ en ‘Nogsteeds so lief vir haar’, sowel as Ricus se vertolkings van ‘I recall a gypsy woman’, ‘Some broken hearts never mend’, ‘You’re my best friend’ en ‘Lay down beside me’ het landswyd opslae op radio-ranglyste gemaak.

Ons Hoofborge

Baie Dankie

Program 2018